logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Alwyn Roux


BIOGRAFIE

Alwyn Roux is tydelik aangestel as navorser by die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks. Hy voltooi in Desember 2008 sy MA-verhandeling in Afrikaans en Nederlands onder leiding van prof. Heilna du Plooy en mev. Rita Swanepoel. Die titel van sy verhandeling is "Artis bene moriendi, voorskrifte en tekeninge vir 'n goeie dood – Memorandum: 'n verhaal met skilderye". Hy is reeds 'n jaar besig met sy PhD onder leiding van prof. Hein Viljoen en dr. Odile Heynders (Universiteit van Tilburg). Hy is redakteur en stigterslid van die tydskrif P~YP! wat deur die NE befonds word, het reeds 'n paar gedigte en kortverhale onder die skrywersnaam Wyn Roux  op LitNet gepubliseer en skryf lirieke wat onder andere deur die Boulevard-harmoniste uitgevoer is. Hy het ook 'n operalibretto vir die eeufeesviering van die Universiteit van Kaapstad se musiekskool geskryf. Tronkvoël, bestaande uit tronkverse van Breyten Breytenbach, word in November 2010 in die Baxterteater uitgevoer.  


PROJEK

Titel Die gedig as ’n vreemdeling se graf
Medium Gemengde media
Afmetings A2
Uitgawe Uniek
Prys R 2, 500

 

Die kunstenaarsboek is ’n afdruk van ’n gedig en ’n x-straalplaat wat die inhoud van die gedig ekspliseer. Die gedig skep die suggestie dat ’n mens in die gedig begrawe is: “Geen mens het jou weer gesien nadat ek jou in die gedig begrawe het nie”. Die x-straalplaat, wat ’n afbeelding is van ’n mens se been en voet, skep verder die idee dat die kunstenaarsboek ’n werklike graf is en dat die aanskouer in die kis kan sien.

 


BEELDMATERIAAL

 

alwyn_1

 

alwyn_2