logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

CTexT


BIOGRAFIE

Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) werk saam met ‘n aantal vennote op weg na die implementering van menslike taaltegnologie (MTT) in Suid-Afrika. HLT is ‘n algemene term vir informasie- en kommunikasietegnologie wat spesialiseer in die interpretasie en generering van spraak en teks in menslike taal. Sewe CtexT-werknemers het deelgeneem aan die Kunstenaarsboekprojek.

Ané Bekker het ‘n meestersgraad in Kunsgeskiedenis en is die senior projekbestuurder by CTexT. Sy bestuur projekte wat die Sentrum onderneem met vennote soos die Department van Kuns en Kultuur.

Cindy McKellar en Marissa van Rooyen het albei hul grade (BA Taaltegnologie) met lof verwerf aan die NWU, werk tans as rekenaarlinguïste en is ook besig met hul MA-grade in Taaltegnologie.

Liza du Plooy het onlangs haar BA-graad in Taaltegnologie voltooi en beplan om verder te studeer.

Wildrich Fourie programmeer sedert hy elf jaar oud is en is onlangs uitgenooi om by ‘n wêreldwye oopbron (open-source)-ontwikkelingsprojekspan aan te sluit.

Moira Müller is die kommunikasiebeampte en het ‘n honneursgraad in Kommunikasiestudies by die NWU behaal.

Suléne Pilon bestuur die navorsingsaktiwiteite by CTexT en doseer in Afrikaanse Taalkunde en Taaltegnologie by die NWU.  

 


PROJEK

Titel Lost in Translation
Medium Gemengde media
Afmetings Wisselend
Uitgawe Uniek
Prys -

 

Masjienvertaling (MV) is ‘n proses waar ‘n teks vanuit een natuurlike/menslike taal outomaties vertaal word na ‘n teks in ‘n ander taal (Hutchins, 1995).

 

MV is reeds in 1947 deur Warren Weaver gekonsepsualiseer en werk in hierdie verband neem ‘n aanvang tydens die vroeë vyftigerjare. Dit was die kiem van rekenaarlinguïstiek, kunsmatige intelligense, formele linguïstiek en nie-numeriese programmeringstale (Hutchins, 1995).

 

Toe dit blyk dat MV ‘n ingewikkelder taak was as wat aanvanklik gemeen is, is feitlik alle werk in hierdie veld gestaak na die publikasie van die ALPAC-verslag (1966) wat regerings teen belegging in MV-navorsing gewaarsku het. Die 1980s beleef weer ‘n herlewing in MV-werk en sedertdien het MV begin bekendstaan as die heilige graal van MTT, omdat dit geblyk het onmoontlik te wees om ‘n outomatiese vertaling te genereer wat vergelykbaar is met ‘n menslike vertaling (Dirix et al., 2005).

 

Foute wat deur MV-stelsels gemaak word varieer in aard en erns, en sluit die volgende in: onjuiste/inkonsekwente vertalings (d.i. distorsies t.o.v. die boodskap) en swak doeltaaldokumente (d.i. distorsies/minagting van die taalkundige eienskappe van ‘n taal).

 

Hierdie projek ondersoek redes vir die onvoldoende aard van MV deur een van die hoofverskille tussen mens en masjien uit te lig - sintuiglike persepsie - deur te fokus op daardie aspekte wat verlore gaan in outomatiese vertaling. Omdat ‘n rekenaar nie sintuie het nie, is dit onmoontlik vir hom om ervaring van die wêreld om hom op te doen en daarom ook om kennis op te doen, uit die oogpunt van ervaringstudies. Dus, al is ‘n MV-stelsel gebaseer op verskeie taalkundige en programmeringsmodelle, het dit nie kennis soos opgedoen uit sintuiglike ervaring nie; kennis wat nodig is om korrekte en akkurate vertalings te lewer.

 

CTexT se hipotese is dat MV vervolmaak kan word deur aan ‘n rekenaar sintuiglike persepsie te gee of dit vir hom te leer. Dit sal die rekenaar toelaat om die nodige ervaring en kennis op te doen om uitsette te lewer wat vergelykbaar is met dié van menslike vertalers.

 


BEELDMATERIAAL

 

ctext_1

 

ctext_2