logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Christiaan Erlank Van Der Westhuizen


BIOGRAFIE

Christiaan Erlank van der Westhuizen doseer Grafiese Ontwerp en spesialiseer in Multimedia en Webontwerp. Tipografie is sy passie. Hy is in Februarie 2007 aangestel by die Grafiese Ontwerpvakgroep by die Skool van Kommunikasiestudies van die Noordwes-Universiteit nadat hy vir drie jaar in Grafiese Ontwerp doseer het aan Vega, the Brand Communications School in Johannesburg. Tydens sy laaste jaar aan hierdie instelling was hy die Departementshoof van Multimedia. Voordat hy die akademie betree het het hy ook vir vier jaar in die bedryf gewerk waar hy multimediaprojekte ontwerp het vir kliënte soos Unisa, Daimler Chrysler en Namibië-Brouerye. Van der Westhuizen het ook musiekvideo’s geskep vir onder andere Running With Scissors en Perez. Groeptentoonstellings sluit die NSA-Galery in Durban en die Aardklop-Nasionale Kunstefees in Potchefstroom in.  


PROJEK

Titel About February
Medium Sagtebandnovelle op suurvrye argiefpapier gedruk
Afmetings 130mm x 217 mm, 138 bladsye
Uitgawe Uniek
Prys -

 

About February.

 

Na ʼn erg traumatiese ongeluk waarin ek my kakebeen gebreek het in Februarie 2009, het ek tot die besef gekom dat ʼn aantal dinge my baie bewus gemaak het van my omgewing en my interaksies met die mense om my: my familie, vriende, loopbaan en veral my nuutgevonde liefdeslewe.

 

As ʼn dosent is verbale kommunikasie my hoofbron van inkomste en dit het die situasie effe meer sensitief gemaak, aangesien die moontlikheid dat my spraak aangetas kon wees as gevolg van die gebreekte kakebeen ʼn dawerende einde sou bring aan ʼn baie suksesvolle onderrigloopbaan. Op dieselfde tydstip het my persoonlike situasie verander omdat my pa ʼn ernstige driedubbele hartomleiding moes ondergaan; sy gesondheid was in die weegskaal en uitgelewer aan die genade van ander mensehande.

 

Hierdie was een van die mees verwarrende en uitdagende tye in my lewe. Veral omdat ek gewoonlik baie berekend en logies is in my daaglikse werk en ontwerpproses, het dié tydperk uiteraard ʼn teenstelling teweeggebring wat hierdie geneigdheid in my betref, en daar het soveel vrae ontstaan dat ek besluit het om die verwarring vas te pen in ʼn grafiese ontwerp-sagtebandomslagnovelle.

 

Vir die eerste keer het ek doelbewus my rasionele en logiese benadering tot ontwerp geblok en probeer om die verwarde gedagtegang wat ek tydens Februarie 2009 ervaar het, uit te beeld – iets wat tot ʼn heel nuwe leefstyl en benadering tot kritiese denke in ontwerp gelei het. Die novelle is so verwarrend as wat die monumentale jaar van 2009 vir my was. Neem asseblief kennis dat sterk taal in die novelle gebruik word. Nie vir onder-16s nie.

 


BEELDMATERIAAL

 

wessie_1

 

wessie_2

 

wessie_3

 

wessie_4

 

wessie_5

 

wessie_6

 

wessie_7