Cashandra Willemse
BIOGRAFIE
Cashandra is tans ʼn lid van die Grafiese Ontwerpdosentekorps aan die Noordwes-Universiteit. As ʼn toegewyde navolger van ontwerptendense van toeka, die hede en die toekoms glo sy aan die taal van ontwerp en die waarde wat dit toevoeg tot ons daaglikse lewe. Sy is byna twee jaar verbonde aan die Noordwes-Universiteit en altesaam nege jaar in die onderwys. Voordat sy na Suid-Afrika teruggekeer het teen die einde van 2000 het sy haarself vir drie jaar in ʼn mengsel van ontwerp- en opvoedkundige kontekste bevind in Singapoer. Voor hierdie oorsese periode het sy haar eie ontwerpateljee genaamd Red Pepper Design bestuur – ʼn natuurlike uitvloeisel van haar werk in die advertensie- en ontwerpbedrywe.
PROJEK
Titel | MARY AND CHILD, an illustrated book of love |
Medium | Digitale druk op argiefpapier |
Afmetings | 156mm hoog x 111mm wyd (toe), verskeie moontlike dimensies (oop) |
Uitgawe | Uniek |
Prys | - |
Hierdie boek is ʼn portretstudie van die Moeder Maria en die Kind. Dit illustreer die liefde tussen ma en kind, en veral die skoonheid wat met hierdie band gepaardgaan. Die uitbeelding van die Moeder en Kind verkry betekenis in die skoonheid van die bladsy, die boodskap wat gelees word wanneer die boek deurgeblaai word, en in interaksie met die verskillende illustrasiekontekste. As ʼn ma is die suiwer gawe van ʼn kind mag leen in hierdie heelal steeds daagliks ʼn wonderwerk in my lewe. Daar is skoonheid in onskuld. Dis ook hartseer dat die brose siel en die oneindige potensiaal van ʼn pasgeborene bedreig word as gevolg van samelewingsaspekte wat soos ʼn smet is, maar die skoonheid van onskuld bly steeds bestaan.
BEELDMATERIAAL