logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Franci Greyling


BIOGRAFIE

Franci Greyling is mede-professor en vakvoorsitter van die vakgroep Skryfkuns in die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Sy is betrokke by skryfopleiding in verskeie kontekste, insluitende voor- en nagraadse universiteitsmodules, nie-formele skryfkursusse in samewerking met die ATKV-skryfskool en gemeenskapskryfprojekte in diverse gemeenskappe. Die afgelope tyd hou sy haar veral besig met die konseptualisering en uitvoering van interdissiplinêre kreatiewe en navorsingsprojekte soos Op die spoor van kreatiewe kreature en Oor die einders van die bladsy. Franci is die skrywer van kinder- en jeugverhale soos Die meisie van Melrosehuis en Formule drie, twee een! Sy is ook die stigter van Storiewerf, ʼn webtuiste vir kinder- en jeugboeke en jong skryftalent wat reeds vir tien jaar deur haar onderhou word.

 


PROJEK

Titel TINBOEKTOE TOE
Medium Gemengde media: poskaarte en blikke
Afmetings Toe: 220mm x 130mm x 115mm
Oop: 650mm x 130mm x 60mm
Uitgawe Uniek
Prys Beperkte stelle van 30 poskaarte is beskikbaar teen R500 per stel

 

Eendag was daar drie sussies wat by die noord brug langs die mooi rivier gebly het. Die eerste sussie het gedans, drama gedoen, en het baie vriende gehad. Die derde sussie het tennis en hokkie gespeel en het altyd eerste in haar klas gestaan.

 

En die middelste sussie? Die middelste meisiekind het gereis.

 

Jare terug het die meisiekind

na baie droom en baie dink

uit blik en sink en stukkies draad

vir haar ʼn wondertuig gemaak.

 

ʼn Tuig wat van die noorderbrug

op die westewind kan reis

tot by die oosste oosterlig

en die punt van die suiderkruis.

 

Nou reis sy ver en soms naby

bring van orals stories saam,

lappies kleur, titseltjies geur

en skerfies van die maan.

 

Op ʼn dag onderneem Middelste Meisiekind ʼn nuwe reis, die keer na Tinboektoe toe. Oor die verloop van twee maande pos sy kaarte van haar reis- en storie-ervarings aan haar vriende, met die uitnodiging dat hulle moet terugskryf. Die ouderdomme van die ontvangers wissel tussen vyf en vyf-en-sewentig. Wat sou elkeen raaksien? Watter stories word herken of onthou? Hoe word saamgespeel, saamgereis, geskryf, geskep?

 

TINBOEKTOE TOE bestaan uit ʼn drielaagblik met 30 poskaarte (geadresseer, gefrankeer en gepos) en sewe posstempels, asook ʼn versameling blikke met poskaarte vanaf korrespondente.

 

Die wondertuig is die werk van Marli Schoeman en het sy oorsprong in die Kreature Kreature-projek (2007). TINBOEKTOE TOE is ʼn vergestalting van die vervlegtheid en dinamiese aard van kreatiwiteit, spel en verbeelding. Hierdie projek is geskep in samewerking met Mossie Greyling en Marli Schoeman.

 


BEELDMATERIAAL

 

franci_1

 

franci_2

 

franci_3

 

franci_4

 

franci_5

 

franci_6