logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Flip Hattingh


BIOGRAFIE

kort cv?
laat ek probeer:
lankal terug gebore in pietersburg en weliswaar die plek oorleef.
leer maatskaplike werk op potch en doen dit vir vyf lange jare.
leer prentjies maak by wits tech en kry ook 'n hogere diploma daarin (1990 - 1995).
n sedertdien werk ek - as teacher - orals maar die langste by AAA school of advertising en nou by citivarsity (deeltyds).
werk ook sedert 2004 by 'n advertensiemaatskappy – illustrasies hier en daar maar meesal met crafters en ander handvaardiges.

uitstallings:
sedert 1990 – verskeie  studente uitstallings
       1995 – eenmansuitstalling  by de villiers gallery in fairlands jhb.
       2004 – artspace  - shared  exhibition with.....(o griet - ek het vergeet - sonja somebody)
       2005 – gordart  gallery – shared  exhibition with dick grobler
       2008 – stewart  gallery – shared  with sharle matthews
en 'n hele klomp groepsuitstalling maar dis net werk om al daai twak te tik.
en natuurlik die hele ding van 2 jaar terug.

 


PROJEK

Titel somerlandskap
Medium papier op papier met ‘n bietjie verf
Afmetings 20cm x 18 meter
Uitgawe Uniek
Prys R22 000

 

somerlandskap is ‘n boekrol,
              die formaat vir ons suid-afrikaanse uitgerekte landskap
             en sou miskien kon dui op ‘n mistiese eerder as ‘n reële benadering van boekmaak.
en ‘n vlag
              wat die beweging van wind oor velde suggereer 
somerlandskap is tien keer wyer as wat ek lank is
               want dis absoluut noodsaaklik om iets groters as die self te erken.
dis gevleg van dun karton wat in repe geskeur is -
                die vleg word soos meditasie, soos gebed.
               die repe herinner sterker aan die organiese as wat reguit lyne sou.
               (buitendien kry reguit lyne hopeloos te veel onverdiende respek).
aan elkeen van die twaalf rytjies is ‘n nootwaarde toegeken, linkerhand groen, regterhand blou,
en die note wat nie inpas nie – in pienk en rooi en bruin.
                alles kleure van die tradisionele landskap – veral die geverfde landskap.
die patroon is gebaseer op die musiekstuk “dance of the flowers” deur tchaikovsky
                daar is geen manier waar ek nog ‘n boom of nog ‘n berg  sou kon teken nie, daarvan is   
                die suid-afrikaanse skildergeskiedenis te vol. 
                dus gebruik ek musiek, wat in aard abstrak is, om ‘n abstrakte patroon op te bou wat
                dien as landskap – die note verleen integriteit aan die patroon,
                dit maak die abstraksie sinvol en nie net ‘whimsical’ nie.
die woorde is van ‘n hooghollandse gesang wat die somer gedenk -
                ‘n fonds uit my ouma se hangkas wat ek geërf het.   
                 en die letters, omdat dit moeilik leesbaar as woorde en sinne is, dien eerstens as sketse
                 van vorms soos wat mens dit in ‘n landskap sou aantref – die lyn van ‘n grashalm,

                 die vorm van ‘n tak.

 


BEELDMATERIAAL

flip_1

 

flip_2