logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Fanie Viljoen


BIOGRAFIE

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 gebore in Welkom, en hy het ook daar skoolgegaan. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld. Daarna volg twee jaar nasionale diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds werk by Sanlam. Hy skryf in dié tyd in vir 'n deeltydse kursus in Grafiese Ontwerp. Hy behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg 'n BA-graad in Sosiale Wetenskappe aan Unisa.

Fanie het reeds aan verskeie kunsuitstallings deelgeneem in Welkom, Bloemfontein en Kaapstad. Van sy skilderye het 'n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje. Sy eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Van sy kinder- en jeugverhale is met verskeie toekennings bekroon. Fanie Viljoen woon die afgelope nege jaar in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.  


PROJEK

Titel Pynstiller
Medium Pen-en-inksketse gemanipuleer op 'n rekenaar
Afmetings 20 cm X 18 cm
Uitgawe 25
Prys R160 elk

 

Pynstiller is ’n grafiese verhaal gebaseer op een van Fanie se kortverhale. Die tema is selfskending onder jongmense. Die verhaal is in die loop van 2009 stuksgewys op Facebook geplaas soos dit tot voltooiing gekom het. Pynstiller-groeplede kon vertel van hul eie selfskendingervarings en die emosionele onrus wat daarmee gepaardgaan. Hulle kon ook kommentaar lewer op die illustrasies, notas en ander groeplede se muurinskrywings. Sommige groeplede se gevoelens was so geweldig intens dat hulle verkies het om Fanie direk te kontak met privaatboodskappe of om hulp te vra ten opsigte van selfskending.

 


BEELDMATERIAAL

 

fanie_1

 

fanie_2

 

fanie_3

 

fanie_4

 

fanie_5