logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Helene Botha


BIOGRAFIE

Helene Botha is ‘n vierdejaar-Grafiese Ontwerpstudent aan die Noordwes-Universiteit. In 2009 het sy die Nasionale Banknootkompetisie gewen; dié kompetisie word aangebied deur die Reserwebank van Suid-Afrika. Sy is daarna uitgenooi deur Giescke & Devrient om ‘n besoek aan Duitsland te bring, spesifiek aan hulle banknootproduksiefasiliteite. Sy het ook ‘n goue Pendoring verwerf in die kategorie digitale media en was die algehele studentewenner vir die beste projek; verder was sy ‘n finalis in die Student Goldpack-toekennings. Sy is ‘n vennoot in die ontwerpateljee Both saam met Jaco Burger, en beplan om voltyds hiermee voort te gaan na afhandeling van haar BA Grafiese Ontwerp (hons) teen die einde van 2010. 

 


PROJEK

Titel Dissecting Disliking
Medium Digital laser print
Afmetings 210mm X 277mm
Uitgawe Uniek
Prys -

 

Hierdie is ‘n kassiegebinde boek waarvan 24 bladsye ontwerp en geïllustreer is en ook 50 skoon bladsye bevat. As ‘n boek ondersoek dit skynbare irrasionele gevoelens van weersin as ‘n respons op voorwerpe, sensasies en ervarings. Dit skop af met kosfiemies – ‘n algemene tema, omdat amper almal verkies om een of ander soort kos uit hul dieet te laat. Ek ondersoek dan die gevoel van weersin wat ek het vir eiers tot by die punt wat dit verby my smaaksintuig gaan en ‘n emosionele konneksie word wat ek het van die beeld van eier en tamatiesous – ‘n beeld wat my laat dink aan ‘n hoender wat platgedruk word met baie bloed. Die boek gaan dan verder om meer rasionele afkeure te ondersoek soos my sensoriese sensitiwiteit as kind. Ek was geweldig geïrriteerd deur sekere sensoriese ervarings. Al bestaan hierdie toestand nie meer nie, word ek steeds angstig oor sulke situasies. Al hierdie ervarings – wat dikwels nie eers verwant is aan die voorwerp nie – het reaksies tot gevolg wat ons gedagtewêreld rig en wat aan ons ‘n unieke en subjektiewe beskouing gee. Hierdie reis het my gehelp om die onderbewuste werking van my houding tot dinge wat ek uit my lewe sny, te laat verstaan. Die boek het my ook gelei om aspekte van my lewe wat ek gewoonlik ignoreer as gevolg van gevoelens van ongemak jeens hierdie aspekte, in die oë te staar. Die blanko bladsye aan die einde van die boek laat ruimte vir die leser/kyker om deel van die reis te word wat ondersoek instel na die redes hoekom ons voorwerpe sien, en reageer ten opsigte van sensasies, op die maniere wat ons dit doen.

 


BEELDMATERIAAL

 

helene_1

 

helene_2

 

helene_3

 

helene_4

 

helene_5

 

helene_6