Hennie Meyer
BIOGRAFIE
Hennie Meyer skep gedigte in 'n ander gedaante oftewel konkrete poësie.
Van sy werk is in 2006 uitgestal op Aardklop in die Snowflake Galery.
In 2007 is hy 'n finalis in die Sasol Nuwe Handtekeninge kompetisie.
In 2008 hou hy 'n uitstalling van konkrete poësie, winkel van wanklanke,
by die Tina Skukan Galery in Pretoria. Van sy werk verskyn in die eerste uitgawe van die tydskrif Pomp asook in die tydskrif A Look Away. Hy werk by Unisa en woon in Pretoria.
PROJEK
Titel | 1. BEURSPEUR 2. WINKEL VAN WANKLANKE VOL I |
Medium | Papier, leer, verf en ink |
Afmetings | Beurspeur: 120mmx40mm Winkel van Wanklanke Volume I: 80mm x40mmx50mm |
Uitgawe | Beurspeur een uitgawe, Winkel van Wanklanke Vol 1: 50 uitgawes |
Prys | Winkel van Wanklanke Vol 1: R40.00 |
Beurspeur: ’n Ou gebruikte beursie met gedigte en artefakte van die digter in.
In die beursie is onder andere:
• Geldig, met verwysing na Joan Hambidge
• Pit, foto’s en sente van gedig
• Ekke, ID-foto van die digter met die gedig ekke agterop
• Op soek na die g-kol, agterop ‘n gebaretaalkaartjie wat jy in ‘n kroeg kry
• R10-note met gesegdes van geld op
• Vodde foto, agterop gefrommelde bankstrokie geskryf
• Sakdoek met gedig
Winkel van Wanklanke Vol 1
Vyf vuurhoutjieboksies aanmekaar gegom (om soos ‘n versameling boeke te lyk), met die volgende gedigte in:
• Echer
• Poen
• Oepsie poesie bedoel poësie
• Geldig
• Die blinde man neek neer
BEELDMATERIAAL