logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Ian Marley


BIOGRAFIE

Ian Marley is ‘n senior dosent en vakhoof van die Grafiese Ontwerpvakgroep (tot en met 2009) in die Skool vir Kommunikasiestudies aan die Noordwes-Universiteit. Hy verwerf die volgende kwalifikasies by die Vaal University of Technology: N. Dip Beeldende Kunsgte, NH Dip Beeldende Kunste, and die M. Tech in Beeldende Kunste. Hy praktiseer ook as kunstenaar en het verskeie eenmantentoonstellings gehad en ook deelgeneem aan verskeie groepstentoonstellings op nasionale en internasionale vlak. 


PROJEK

Titel fin.
Medium Papier, perspex en katoen
Afmetings 17 x 221 cm
Uitgawe Uniek
Prys R 10 000

 

Hierdie boek met die titel “fin.” bestaan uit 14 lasergegraveerde landskapfragmente wat in perspex omhul is en wat saamgestik is om sodoende deursigtige bladsye te vorm. Hierdie lasertegnologie brand en graveer letterlike die beelde van die landskap totdat slegs fragmente van die delikate katoenpapier (Farbriano) oorbly. Die gebrande beelde word in lae tussen perspex geplaas, asof oorblyfsels van ʼn histories-belangrike argiefdokument.

 

Konseptueel gesproke word die boek gekenmerk aan ʼn fassinasie met die landskap as ʼn brose en omvormbare entiteit in die mens se hande. Die werk wys hoe die landskap uitgelewer word aan die menslike aktiwiteite van oorwerk, ontwikkeling, uitputting, myne en uitbuiting – dit word ʼn landskap wat ʼn speelveld van aktiwiteite is en letsels oorbly as spore van menslike aggressie. Die proses van kneusing omvorm en muteer die landskap sodat dit stemloos word en ʼn dorsland van vernietiging oorbly. Soos mens deur die boek blaai beweeg jy al dieper die landskap van vernietiging binne totdat slegs die leë stilte oorbly.

 


BEELDMATERIAAL

 

ian_8

 

ian_7

 

ian_1

 

ian_2

 

ian_3

 

ian_4

 

ian_5

 

ian_6

EMAIL THIS ARTIST

 

Ian Marley