logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Jan van der Merwe


BIOGRAFIE

Jan van der Merwe (gebore 1958) woon en werk in Pretoria en is tans senior dosent in Beeldende Kuns aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Hy het sedert 1976 deelgeneem aan groeps- en solo-uitstallings, insluitende internasionale groepsuitstallings. ʼn Hoogtepunt in sy loopbaan was ʼn oorsigtelike uitstalling in die Pretoriase Kunsmuseum in 2006, getiteld Die Argeologie van Tyd. Hy het sedert 2001 deelgeneem aan verskeie werkswinkels in samewerking met verstandelik-gestremde kunstenaars in België en in Suid-Afrika en met die organisasie Feniks Unite. ʼn Gedetailleerde lys van uitstallings, toekennings en beeldmateriaal is beskikbaar by art.co.za/janvandermerwe. 


PROJEK

Titel Sleepmerke
Medium Hout, papier en houtskool
Afmetings 142cm (lengte), x 47cm (breedte) x 87cm (hoogte)
Uitgawe Uniek
Prys -

 

Die kunswerk (boek) bestaan uit ʼn houttafel, afmetings 142cm (lengte), x 47cm (breedte) x 87cm (hoogte). Die tafelblad word ‘n vel papier en aan die einde van dié papierblad is daar papierbladsye wat soos ʼn boek kan blaai.

 

Op die velle is daar houtskoolsleepmerke gemaak met ʼn verkoolde stuk boomstomp asook ‘n tekening van ʼn boomwortel en ‘n stoel. Die sleepmerke verander na elke bladsy en verdwyn uiteindelik uit die laaste bladsy. Die sleepmerke dui op die “nasleep” van die verwerkte boom, sigbaar in die papier, maar die boomwortel en stoel is ook ʼn metafoor vir mense wat meegesleur word.

 

Werksproses:

Franci Greyling en Ian Marley van Noordwes-Universiteit het my in 2009 genooi om aan die boekeprojek vir die Woordfees, Stellenbosch, 2010, deel te neem. My oorspronklike gedagte was om ʼn installasie (iets beeldhoukundig) te maak. Ek het ook aan die idee van boekmerke of merke wat agtergelaat word as mens klaargelees het, gedink.

 

Ek is op die oomblik besig met ʼn ander installasie getiteld Ontwortel, vir ʼn solo-uitstalling wat op 11 November 2009 by die galery van die Universiteit van Johannesburg open. In die installasie word ontwordelde bome gebruik en word herinner aan die siklus van boom-meubelstuk-papier-houtskool. Die prosesse wat ek in hierdie installasie gebruik, het my die idee gegee vir my boekemaakprojek waar die tekening en sleepmerke deel van ‘n boek word.

 


BEELDMATERIAAL

 

jan_1

 

jan_2

 

jan_3

 

jan_4

 

jan_5

 

jan_6