logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Khayalethu Mtshali


BIOGRAFIE

Khaya Mtshali is ʼn jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, vroeër van Pretoria, wat onlangs verskuif het na Potchefstroom. Hy gebruik ʼn verskeidenheid media en werk hoofsaaklik op papier met penne, merkers en digitale verf. Sy temas omvat die gedagte van denke en emosies as ʼn stof wat die heelal as selfgeordende entiteit vul en dryf. Sy huidige werk is ʼn bepeinsing van vreugde, vryheid, geluk en oorvloed as bemiddelaars en produkte van die skepping. Jonkheid (van gees), rykdom en skoonheid in die ware sin van die woord word ondersoek as natuurlike neweprodukte van hierdie emosionele/geestelike deugde in ʼn wêreld wat wydlopend genoeg is om die hele geskiedenis en die toekoms tegelykertyd in te sluit. Khaya het sy driejarige graad in Multimedia-Ontwerp behaal by Vega the Brand Communication School in Johannesburg en het planne vir verdere nagraadse studie in die nabye toekoms.

 


PROJEK

Titel Avenue
Medium Gemengde media – penne en merkers, fotokopieermasjien, digitale verf
Afmetings 180 mm x 250 mm x 10 mm
Uitgawe Ek wonder. Baie.  Ek hoop 1000+
Prys Hang af van die aantal kopieë, maar tussen R80 en R150

 

Avenue het gebeur toe die kunstenaarsboek omskep is in ʼn toeganklike massaverbruikbare produk van populêre kultuur; as ʼn Kunstenaarstydskrif. As ʼn geheel ondersoek dit die gedagte van kuns en verbruik, tesame met vlakke van betrokkenheid en die vraag na ekwivalensie. Dis ʼn manier om ondersoek in te stel na die vraag of ʼn tydskrif met al sy beeldmateriaal en artikels ekwivalent is aan ʼn uitstalling, en of dit tot die publiek kan spreek op die vlak waarop ʼn galerytentoonstelling kan (of nie kan nie). Avenue wil nie ʼn plaasvervanger vir ʼn uitstalling wees nie, maar wel ʼn verlengstuk en die begin van ʼn ondersoek in die vorm van ʼn tydskrif op weg na ʼn galerytentoonstelling. Hier word die ondersoek self ʼn selfstandige produk terwyl dit steeds ʼn stuk van die groter geheel bly.

 


BEELDMATERIAAL

 

khaya_1

 

khaya_2

 

khaya_3

 

khaya_4

 

khaya_5

 

khaya_6