Marina Herbst
BIOGRAFIE
Marina Herbst is ‘n finalejaar-Grafiese Ontwerpstudent aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. In 2009 wen sy die Student Goldpack-kompetisie. Sy het onlangs haar ontwerpinternskap voltooi in Hasselt, België, en is genooi om in te skryf vir ‘n meestersgraad in grafiese ontwerp aan die Koninklijke Academie voor Schone Kunsten in Ghent, België. Nadat sy haar BA in Grafiese Ontwerp (hons) behaal teen die einde van 2010 beplan sy om in te skakel by die Europese ontwerpbedryf deur ‘n agentskap in België op die been te bring saam met haar vennoot Evert Maris.
PROJEK
Titel | Het Festival |
Medium | Digtale gedrukte media |
Afmetings | 180 x 250 mm |
Uitgawe | Uniek |
Prys | - |
Die titel van die boek is “Het Festival”, wat vanuit Nederlands vertaal kan word as die fees. Die boek is ʼn viering van agt karaktereienskappe wat eie is aan my persoonlikheid; dit is ʼn ode aan ‘n lewe tot op hede. Die metafoor wat ontwikkel is om hierdie eienskappe visueel te verbeeld word gestruktureer onder die sentrale tema van berge as geologiese elemente en ewigdurende, tydlose natuurstrukture. Elk van die agt karaktertrekke word gestel in ʼn selfontwikkelde Vlaamse idoom, en word verder geïllustreer deur ʼn struktuurdiagram en gevolg deur ʼn pen-en-inkskets van ʼn bergagtige formasie.
Die kaarte tussen die bladsye – in die vorm van groot speelkaarte – bied ʼn individuele verduideliking ten opsigte van die interpretasie van elke stel visuele beelde tesame met die idoom. Ek het die metafoor van speelkaarte gebruik as ‘n manier om te sinspeel op die kompleksiteite rondom besluitneming – besluite wat die rigting van ‘n mens se lewe kan verander – dieselfde as wat gebeur in ʼn kaartspel. Hierdie kaarte is veronderstel om in aparte katoensakkies verseël te wees, iets wat aan die aanskouer van die boek ʼn gevoel van misterie moet bied, omdat dit nie my idee is dat almal dit moet lees nie. Op die meegaande plakkaat verskyn ʼn toepaslike stuk literatuur wat die konsep komplementeer - “Die Berg” deur Breyten Breytenbach. Die boek het ʼn selfondersoekende aard en moet sodanig geïnterpreteer word om sin te kan maak vir die aanskouer.
BEELDMATERIAAL