Meryke Naude
ARTIST BIOGRAPHY
I'm a old potch student - North West Graphic designer and keeper of the weird and unusual things people throw away, a giver of nostalgic melodrama. Currently working on top of the world at Black River FC, an amazing adgency with really talented people. Love every moment. Super long distance high5 !! The happiest moments in my life are the unplanned, unscechuled and purely arb. No sugar coating - best served with friends and like-minded folk. Pies aut homeslice!!
PROJECT
Title | Greetings from South Africa, Recycled conversations |
Medium | Found objects |
Dimensions | Tinned postcards, 180 mm x 110 mm x 25 mm |
Edition | Unique |
Price | - |
Groete van Suid Afrika: herwinde gesprekke is ʼn versameling van 21 reisigersposkaarte verpak in ʼn blik. Hierdie “boek” lees as ʼn versameling van kort gesprekke wat vanaf 1906 tot 1996 plaasgevind het. ʼn Tipies Afrikaanse blikversamelingsitem wat in verskeie tuistes gevind kan word dra by tot die nostalgiese melodrama wat in die werk gevind word. Die poskaarte wat eens gekoester en as waardevol beskou is deur die eienaars, is verwerp en in ʼn pandjieswinkel gevind. Dit wat deur een persoon as waardevol beskou word (bv. ʼn ouer van ʼn kind wat Europa deurreis), word deur ʼn ander weggegooi wat die poskaart as bloot nutteloos sien (bv. iemand wat die ouerhuis skoonmaak na die afsterwe van die ouers). So word nostalgie daagliks verwerp en verlore poskaarte beland in stowwerige winkels waar vreemdelinge die gesprekke weer herleef, indien wel. Die nietigheid van kosbare kommunikasie tussen familielede word hier beklemtoon deurdat ek geen verwantskap met enige van die kaarte het nie. Vandag se beheptheid met herwinning inspireer die werk deur ʼn herwinning van verlore gesprekke aan die kyker te bied, en om ʼn herlewing aan die kyker voor te stel van hoe dit gevoel het om ʼn poskaart te ontvang wat deur ʼn geliefde geskryf is.
IMAGES





