logo_main

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


navigation header
home button
about this project
community projects
sponsors od the project
usefull resources
contact the project organisers
 

 

facebook share
follow on twitter

 

 

 

Calendar of Events

 

Roela Hattingh


BIOGRAFIE

Roela Hattingh is besig met haar MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van Pretoria en is voltyds ʼn dosent in Kopieskryf by Vega the Brand Communication School. Sy het deelgeneem aan die volgende groepuitstallings: Button exhibition, Civic Theatre 2003; Searching for a Saviour, Art Africa 2005; Ansisters, Constitution Hill 2006; Creative Creatures, Aardklop 2007. Sy is gepla met woorde. 

 


PROJEK

Titel As die Gode by ons kom eet
Medium 26 Keramiekborde
Afmetings 2 opdienborde – middellyn 43 cm
12 borde – middelyn 39 cm
12 kleinbordjies – middellyn 19 cm
‘n Papier tafeldoek 4m X 2.2m
Uitgawe Een van twee
Prys R12 000

 

Betekenis word gevind en geskep deur dialoog; deur die gebruik van woorde en simbole; deur gespreksvoering.  In “As die Gode by ons kom eet” word die dialoog en storie opgeskep vir die uitgenooide gaste en die bewoners van ʼn huis. Die boek - geskryf, gebak en geglasuur op keramiekborde (soos die kleitablette van vroeër jare) bevat die storie van Soek, ʼn karakter wat as vreemdeling die afgeskeepte onderwerpe en die vrae van kindertyd naderwink en deur die opdiening van die vrae ʼn sweempie insig en vergifnis kry. Die lees van die storie verwag van lesers om hulle fisiek in die stoele van die gaste te plaas en so van stoel na stoel, en bord na bord, die wisselwerking van woorde en gedagtes in te neem. Wat sou die vrae wees wat iemand aan die Gode sou stel indien hulle om mens se tafel aansit? Sou mens oor ditjies en datjies gesels? Gespreksvoering veronderstel die soek van ooreenkomste en verskille. Sou mens die fatsoenreëls gehoorsaam of ʼn gesprek sy gang laat gaan? Sou mens toelaat dat die gapings tussen die Gode en mense se oortuigings sin maak, of sou mens dalk doodluiters van die tafel opstaan en ophou lees? Dit hang seker af van wie die gaste is en of die woorde wat hulle spreek en die wêrelde wat deur hulle veronderstel word, ʼn aanknopingspunt met mens se eie lewe bied.

 

Betekenis en oorsprong van simbole in volgorde van verskyning:

  1. Skakelketting – simbool van eenheid en menslike verhoudings (Adinkra : Nkonsonnkonson)
  2. ʼn Altaar vir die god van lug. Simbool van die teenwoordigheid van God. (Adinkra : Nyame Dua)
  3. Godin van die skepping (Suid-Afrikaanse Bantu-beeldskrif)
  4. Ram (Tifinagh – moderne Berberskrif)
  5. “Draai die ander wang” - simbool van vergifnis (Adinkra : Hey wo  nhye)
  6. Simbool van heiligheid; dit wat die bose wegneem (Adinkra : Msusyidie)
  7. Sonlig (Suid-Afrikaanse Bantu-beeldskrif)
  8. Leier van alle tekens. Grootsheid/charisma/ leierskap (Adinkra : Adinkrahene)
Uit Afrikan Alphabets, The story of writing in Afrika deur Saki Mafundikwa

 


BEELDMATERIAAL

 

roela_1

 

roela_2

 

roela_3

 

roela_4

 

roela_5

 

roela_6

 

roela_7