Steven Bosch
BIOGRAFIE
Steven Bosch is ‘n dosent in Kommunikasie (Korporatief, Nuwe Media en Ontwikkelingskommunikasie) by die Noordwes-Universiteit. Hy voltooi sy B.Bk (Besigheidskommunikasie)-graad met lof in 2001. Steven voltooi ook sy meestersgraad in Ontwikkelingskommunikasie met die klem op die voorkoming van HIV/VIGS teen die einde van 2009.
Hy het die Aardklop Visuele Kunstewaarderingsprogram vir skoolleerlinge gekoördineer vanaf 2005 tot 2007. Hy het ook deelgeneem aan die groepsuitstalling Streek by Aardklop vanaf 2007 tot 2009 en was medekurator van die fotografiese uitstalling Potchefstroom 170 by Aardklop in 2008.
Daar was van sy werke op die Sasol New Signatures-uitsalling in 2008 en 2009.
PROJEK
Titel | Potchefstroom: Indrukke op ’n stad |
Medium | Gemengde media |
Afmetings | Ringgebinde boek (landskapformaat), 27 cm x 19 cm. Boek sluit ‘n stel van 6 poskaarte (15 cm x 10.5 cm) en ‘n flipbook in (10 cm x 10 cm) |
Uitgawe | 1 van 10 |
Prys | Prys onderhandelbaar |
Hierdie boek is ‘n ondersoek aan die hand van fotografie na die veranderende aansig van Potchefstroom oor die laaste aantal jare en word aangebied op dieselfde wyse as tipiese stedelike toerismegidse, en toon eiendomme wat gedokumenteer is in verskillende stadia van sloping en verval en dan as aantreklikhede uitgelig word. Die toerismekonsep word voortgesit met ‘n stel poskaarte wat aan die begin van die boek ingesluit is.
Potchefstroom, ‘n studentedorp, het nogal ‘n gedaanteverandering ondergaan oor die laaste paar jaar – baie ontwikkelaars vernietig ou huise spesifiek in die Bultarea naby die Universiteit wat vroëer ‘n pragtige ou woongebied was.
Hierdie boek belig hoe doodmaklik plaaslike erfenis uitgewis word.
BEELDMATERIAAL