Tambani
BIOGRAFIE
Die Tambani-gemeenskapsprojek (www.tambani.co.za) is gesetel in die buurdorpies dorpies Fholovhodwe en Muswodi-Tshisimani. Hierdie dorpies is geleë in die Limpopovallei, sowat 50 km suidoos vanaf Musina, en omtrent 750km noordoos vanaf Potchefstroom. Die stigter en hoofdirekteur van die projek is dr. Ina le Roux van Johannesburg. Sy is ’n afgetrede dosent in Afrikaans en Nederlands wie se Ph.D in Godsdienswetenskap handel oor die wêreldsbeskouing in die liedstories (ngano) van Venda-vroue.
Die benarde finansiële en sosiale omstandighede waarin hierdie plattelandse vroue leef het Ina so aangegryp dat sy ’n borduurprojek op die been gebring het wat tans sowat 65 vroue en hulle gesinne help onderhou. Alhoewel die meeste vroue nie meer as omtrent R300 per maand verdien nie, help hierdie karige inkomste om die ergste honger weg te hou.
Ina skets tonele uit die verhale wat sy opgeteken het op lappies, waarna die lede van die projek hierdie tonele borduur. Die lappies word dan in Ina se huis deur haar assistent Alice (ook afkomstig van Venda) op items soos handsakke en muurbehangsels aangebring. Laasgenoemde word dan met die betrokke stories bemark. Die opbrengs uit die verkoop van die artkels word weer gebruik om die projek te befonds.
PROJEK
Titel | A hippo swallowed a little girl |
Medium | Borduurwerk en kortfilm: animasie |
Afmetings | Wisselend |
Uitgawe | Uniek |
Prys | Digitale weergawes is te koop |
Geborduurde panele uit ‘n ou Venda volksverhaal, A hippo swallowed a little girl, met animasie deur Christiaan van der Westhuizen. Projek in samewerking met Jaco Kruger.
BEELDMATERIAAL

